Voorverhit die oond tot 180 °C.

  • Verhit die olyfolie in ’n groot, oondvaste kastrol en braai die hoenderstukke 5 min. oor hoë hitte tot goudbruin. Verlaag die hitte.
  • Voeg die uie en knoffel by en braai 2-3 min. liggies tot deurskynend.
  • Voeg die paprika, peper en origanum by en braai weer liggies.
  • Voeg die hoenderaftreksel, rooiwyn, xilitol en Tabasco-sous by en laat 5 min. prut.
  • Voeg laastens die tamatiepasta, tamaties, suurlemoensap, amandelmeel en lourierblare by. Roer om alles goed te meng. Laat nog 5 min. prut en geur met die sout.
  • Plaas die deksel op die kastrol en bak 1 uur.

Vir voorsit

  • Sit voor in bakkies saam met ’n skeppie suurroom en rond af met die pietersielie.