Speserymengsel

  • Rooster die komyn- en koljandersaadjies in ’n droë pan tot geurig.
  • Maal rofweg fyn in ’n maler. Voeg die res van die bestanddele by en meng goed.

Bottermengsel

  • Meng al die bestanddele goed.

Hoender

  • Vryf die hoender met die knoffel en sout in.
  • Maak die vel van die hoender bo die borsies liggies los en stop met die bottermengsel.
  • Sprinkel die speserymengsel ruimskoots oor die hoender.
  • Druk die kruie in die buikholte van die hoender, indien gebruik, en bind die boudjies stewig met kombuistou vas.
  • Plaas die hoender in die mandjie van die lugbraaier en rooster 10 min. by 230 °C.

Aartappels

  • Drup intussen die olie oor die aartappels en sprinkel die sout oor.

Afronding

  • Maak die lugbraaier oop en pak die uieringetjies bo-op.
  • Pak die aartappels rondom die hoender.
  • Verlaag die hitte tot 180 °C en rooster nog 20 min. of tot die hoender en aartappels goudbruin en gaar is.
  • Sny die hoender in porsies, rond af met die pietersielie en sit voor saam met die aartappels en suurlemoenwiggies.