• Sny die hoenderborsies in happiegrootte-stukke en plaas in ’n middelslagbak.
  • Voeg die res van die ­bestanddele by en laat marineer 1 uur.
  • Ryg die gemarineerde hoenderstukke aan vleispenne en braai sowat 10 min. in ’n rooster- of braaipan geverf met olie of oor die kole terwyl jy dit omdraai sodat dit egalig gaar word.
  • Vir voorsit: Sit voor saam met die vars ­lemmetjiewiggies of -skywe, koljander en, as jy wil, eetblare blomme.