Voorverhit die oond tot 180 °C. Hou ’n groot oondvaste pan byderhand. Spuit die binnekant goed met kossproei. Spuit ’n bakplaat met kossproei.

  • Rosti: Rasper die patats en ui in ’n mengbak. Voeg die koljanderblare, eiers en meel by en meng goed. Geur met sout en vars gemaalde peper.
  • Sit die botter en die helfte van die olie in die pan en plaas vir 5 min. in die oond. Haal uit en skep die rosti-mengsel in die pan. Versprei die mengsel eweredig in die pan en drup die orige olyfolie oor.
  • Bak die rosti 40-45 min. in die oond of tot die ­patat gaar is en bros op die bodem en om die kante.
  • Hoender: Sit die hoender, suur­lemoensap en speserye in ’n bak en meng goed. Pak die hoender op die bakplaat en sprinkel die olie oor.
  • Verhoog die oond se hitte tot 200 °C en rooster die hoender 15-20 min. of tot gaar.
  • Vir voorsit: Sny die rosti in stukke en pluis die hoender rofweg. Sit voor saam met die ­jogurt, salsa, mielies en koljanderblare.