• Marinade: Meng die marinadebestanddele, voeg die hoender by en laat 15 min. eenkant staan.
  • Roerbraai: Verhit die helfte van die olie in ’n wok en roerbraai die hoender saam met die brandrissies daarin tot net gaar. Skep uit.
  • Verhit die orige olie, voeg die knoffel en gemmer by en roerbraai tot geurig. Voeg die stingeluie, sojasous en rysasyn by en bring tot kookpunt. Voeg die groente by en roerbraai effens tot net-net gaar, maar steeds baie bros. Meng die hoender en noedels by en verhit tot net weer warm.
  • Skep in bakkies en sprinkel die grondbone en uiespruite of gekapte stingeluie oor.
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe!