• Sny die lemoene in segmente tussen elk van die vliesies; vang die sap op. Hou die segmente eenkant.
  • Sous: Vul die sap aan met suur­lemoensap tot so 125 ml. Voeg die suiker of heuning en die soja­sous by en meng.
  • Hoender Geur die hoender met sout.
  • Verhit olie in ’n wok en braai die hoenderrepies daarin tot net gaar. Sprinkel ’n bietjie sesam­sade oor.
  • Voeg die stingeluie, soetrissie en kool saam met die knoffel-en- gemmerpasta by en roerbraai vinnig vir sowat 1 min. tot nog baie bros.
  • Voeg die sous by en roerbraai tot geurig, sowat 2-3 min. Voeg die lemoensegmente by.
  • Vir voorsit: Sit voor op noedels of rys en sprinkel grondbone en koljanderblare oor.