Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n middelslag- oondvaste pasteibak (ovaalvormig). 

  • Vulsel: Bring al die bestanddele in ’n kas­trol tot kookpunt en laat prut tot die vleis van die been loskom. Verwyder die vel en bene en versnipper die hoender.
  • Plaas die versnipperde hoender terug in die kastrol en kook tot amper al die vloeistof geabsorbeer is. Laat heel­temal afkoel. 
  • Vir afronding: Voeg al die bestanddele by en meng deeglik deur. 
  • Kors: Plaas 1 rol (400 g) van die deeg in die bereide bak en laat dit teen die kante opstaan. Skep die afgekoelde hoendermengsel in. 
  • Bedek die bokant van die pastei met die oorblywende deeg, druk of knyp die rand vas, maak ’n klein insnyding in die middel en verf met die geklitste eier. 
  • Bak sowat 35-40 min. tot die kors goudbruin is.