• Verhit die olie en braai die ui, knoffel, gemmer en opsionele brandrissie tot geurig.
  • Roer al die speserye en die tamatiepasta by en roerbraai 1 min. stadig. Giet die aftreksel by en bring tot kookpunt.
  • Voeg die lensies en patat­blokkies by en laat prut tot gaar; roer af en toe.
  • Roer die hoender by en laat 10 min. prut. Verlaag die hitte, roer room by en geur met sout.
  • Vir voorsit: Sit voor saam met die poppadums, rys, jogurt en koljander­blare.

Ons rek dié kerrie met patat en lensies.