• Verhit die olie in ’n groot kastrol en voeg die uie en knoffel daarby. Braai tot die uie sag is. Voeg die hoenderlewers by en braai bruin. Skep uit en laat eenkant staan.
  • Plaas die sampioene, lourierblaar, tamaties, water, peri-perisous, paprika en 30 ml (2 e) van die sjerrie in die kastrol en roer. Krummel die aftrekselblokkie by die mengsel in, geur met die sout en peper en laat 10 min. liggies prut. Roer af en toe.
  • Verwyder van die hitte en skep die hoender­lewers terug in die kastrol. Roer die asyn en die res van die sjerrie (15 ml, 1 e) by. Laat staan eenkant om die geure te laat intrek.
  • Plaas die pasta in dieselfde kastrol (dis nie nodig om die kastrol te was nie, want die oor­blyfsels verleen geur aan die pasta) en voeg genoeg kookwater by om dit te bedek. Laat kook die pasta tot al dente.
  • Dreineer die oortollige water van die pasta, voeg die hoenderlewers by en meng goed. Maak seker die lewers is deurwarm. Roer die jogurt by en rond af met die pietersielie.