Maak ’n braaivuur met genoeg kole vir braai. Hou ’n rooster en ­kebab­stokkies byderhand.

  • Sous: Verhit die olie in ’n kastrol. Braai die ui tot sag en gaar; dit moenie te veel verkleur nie. Voeg die res van die bestanddele by en roer aanhoudend tot die suiker opgelos het. Laat die sous ’n paar minute stadig prut tot effens verdik.
  • Geur die sous na smaak met die sout en vars gemaalde peper. Laat die sous heeltemal afkoel.
  • Kebabs: Sny die hoenderborsfilette in die lengte in repies en pak in ’n ­marineerbak. Giet die marinade oor. Laat minstens ’n uur of oornag in die yskas marineer. 
  • Ryg die hoenderrepies soos ’n konsertina aan die kebabstokkies. Voeg ’n uikwart (indien verkies) by aan die punt van elke kebab.
  • Pak die hoender­kebabs op die rooster en braai 3 min. per kant of tot gaar en effens geskroei.
  • Vir voorsit: Sprinkel die brandrissie­vlokkies oor, indien verkies, en sit voor saam met die basilie en suurlemoenwiggies, indien verkies.