• Voeg die spekvleis, hoender, ui, broodkrummels, gemengde kruie, paprika en pietersielie in ’n voedselverwerker en meng ’n paar sekondes tot jy ’n sagte mengsel het. 
  • Geur met ’n bietjie sout en peper en meng. 
  • Vorm sowat 20 balle met jou hande, rol in die meel en braai in vlak olie tot effens goudkleurig en deurgaar (sowat 10 min.).
  • Dit kan warm of koud voorgesit word en is ideaal vir kosblikke.
  • Sit voor saam met soetbrandrissiesous.