Voorverhit die oond tot 200 °C. Bespuit ’n oondpan met kossproei.

  • Giet die gekapte tamaties in die oondpan.
  • Geur die hoenderborsfilette liggies met die sout en vars gemaalde peper. Pak dit in die pan op die tamaties. Bak 20 min. in die oond. 
  • Haal die oondpan uit en skakel die oond se roosterelement aan.
  • Versprei die aar­tappels tussen die hoender. Pak die mozzarella bo-op en drup die olyfolie oor. Rooster 5-10 min. in die oond of tot die kaas gesmelt het.
  • Vir voorsit: Drup die pesto oor en garneer met die basilie. Sit dadelik voor.