Voorverhit die oond tot 180 ºC.

  • Geur die hoender met die sout en peper en pak saam met die dadels in ’n oondvaste bak. Voeg die knoffel by.
  • Meng die tamatiesous, koljander en wyn en giet bo-oor. Bak 30 min. of tot gaar. Voeg die olywe by en bak tot lekker bruin en geurig, nog sowat 15 min.
  • Vir voorsit: Sprinkel die sade en koljander oor en sit warm voor saam met koeskoes. 

WENK 

Vinnige spaghetti: Sny ’n klomp kersietamaties op en klam aan met die basiese tamatiesous. Voeg ’n groot hand vol gekapte basilie by. Meng by die gaar spa­ghetti in en sprinkel parmesaan oor.