Bring ’n kastrol water tot kookpunt. Blansjeer die edamame of ertjies
1 min.

Skep met ’n gaatjieslepel uit die water. Gebruik dieselfde water en kook die noedels volgens die aanwysings op die verpakking.

Voeg die groenbone in die laaste minuut by. Dreineer. Skil die edamamebone of hou die suikerertjies heel as jy dit gebruik.

Vee die kastrol droog en skep die sesamolie daarin. Plaas die noedelmengsel terug in die pan en meng goed. Sit die deksel op om dit warm te hou.

Bedek die hoender in ’n bak met die helfte van die marinade. Verhit die helfte van die grondboontjie- of sonneblom­olie in ’n braaipan oor hoë hitte. Braai die hoender 6-7 min. terwyl jy dit omdraai tot deurgaar. Voeg die oorblywende marinade by en laat prut.

Piekelgemmergroente  Plaas al die bestanddele in ’n klein bak. Meng goed en plaas vir 5 min. eenkant.

Verhit die oorblywende olie in ’n braaipan oor hoë hitte. Roerbraai
die krummels en saad 1-2 min. tot goudkleurig.

Vir voorsit

Verdeel die noedels tussen vier bakke. Skep die hoender­skywe, gepiekelde groente en geskilde edamamebone of
suikerertjies bo-op.

Bestrooi met die geroosterde krummelmengsel en rond af met ’n skeut mayonnaise.

© JENNENE PLUMMER (RESEPTE)/ROB SHAW (FOTO'S)/BAUERSYNDICATION.COM.AU/MAGAZINEFEATURES.CO.ZA, KATE BROWN (STILERING), CARLY SOPHIA TAYLOR (KOSASSISTENT)