• Verhit die olie in ’n pan en roerbraai die gemmerwortel, knoffel en uie tot sag en geurig.
  • Voeg die kerriepasta by en roer deur.
  • Voeg die klappermelk by en bring tot kookpunt. Laat goed kook.
  • Voeg die hoenderstukkies by en laat 5 min. prut tot byna gaar.
  • Voeg die groente en gekapte koljanderblare by en laat prut sowat 5-10 min. tot die groente net-net gaar maar nog baie bros is.
  • Roer die soja- en vissous saam met die lemmetjiesap en bruin­suiker by. Meng deur.
  • Voeg die tamaties by –moenie nog verhit nie – en strooi die koljander­blare en sesamsade oor.
  • Sit voor saam met die jasmynrys. 
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe!