Voorverhit die oond tot 190 °C. Hou ’n diep oondpan en ’n vel foelie byderhand.

  • Knip die ruggraat van die hoender uit met ’n vleisskêr. Druk die hoender met die palm van jou hand sodat die borsbeen kraak en die hoender plat is.
  • Giet die hoender­aftreksel in die oondbak.
  • Smeersel: Meng alles goed en smeer ruimskoots oral oor die hoender. Sit die hoender in die af­treksel met die velkant na bo.
  • Bedek die bak met foelie en rooster 30 min. in die verhitte oond. Haal die foelie af en rooster nog 15-20 min. of tot die hoender gaar is.
  • Noedels: Maak die noedels gaar volgens die aanwysings op die verpakking. Dreineer goed en hou eenkant.
  • Verhit die olie in ’n diep pan en braai die ui, gemmer en knoffel tot sag en geurig. Plaas die noedels en die res van die bestanddele in die pan en meng goed deur. Braai 1 min. tot die noedels warm is. Haal van die hitte af.
  • Sny die hoender in porsies op en sit voor saam met die noedels.