Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer 'n groot bakplaat met bakpapier uit.

  • Verf die velle liggies met botter en stapel dit bo-op mekaar. Plaas die deeg op die bakplaat.
  • Smeer die deeg met die roomkaas, maar hou 'n 2 cm-rand rondom oop.
  • Pak die hoender, tamaties, rooi-ui, knoffel en olywe, indien gebruik, bo-op. Geur met die sout en peper.
  • Vou die rand van die deeg oor die vulsel – frommel die deeg effens sodat dit in posisie bly.
  • Verf die deegrand met nog 'n bietjie botter. Drup die olyfolie oor die vulsel en bak 10-15 min. of tot die deeg goudbruin en bros is.
  • Sprinkel die basilie oor, sny rofweg in stukke en sit voor.
Wenk
Pleks van die hoender kan geblikte tuna of oor­skietbraaivleis ook in die pastei gebruik word.

Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.