Voorverhit die oond tot 200 °C. Sit 'n draadrakkie op 'n bakplaat en bespuit met kossproei. Hou 'n paar kebabstokkies byderhand.

  • Geur die hoendervlerkies goed met die sout en peper. Meng die ­ander speserye en strooi oor die hoender.
  • Ryg die vlerkies aan kebab­stokkies indien verkies en pak op die bereide draadrakkie.
  • Rooster die vlerkies 25-30 min. in die oond of tot goudbruin, bros en gaar.
  • Tzatziki: Rasper die komkommer fyn en druk soveel moontlik van die sap uit. Sit die komkommer dan in 'n mengbak saam met die res van die bestanddele. Meng goed en geur met sout en peper na smaak.
  • Vir voorsit: Sprinkel nog brandrissie oor, indien verkies, en sit die tza­tziki voor saam met die hoendervlerkies en komkommerstokkies.
Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.