1. Jamaikaanse kerrie

Foto: Jacques Stander

2. Indiese hoenderkerrie

Foto: Jacques Stander

3. Kaaps-Maleise maalvleiskerrie

Foto: Jacques Stander

G4. eel Thaise viskerrie

Foto: Jacques Stander

So maak jy rooi, groen en geel Thaise kerriepasta

Gebruik rooi Thaise kerriepasta saam met rooivleis. Foto: Jacques Stander
Gebruik groen Thaise kerriepasta saam met hoender. Foto: Jacques Stander
Gebruik geel Thaise kerriepasta saam met vis. Foto: Jacques Stander

Kerriepasta

LEWER ELK 375 ML (1½ k)

KERRIEPASTA 
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 20 min.

  • 300 g soetrissies (rooi vir rooikerrie, geel vir geel­kerrie en groen vir groenkerrie) 
  • 50 g knoffel, fyngedruk
  • 20 g gemmer, fyngemaal
  • 3-5 brandrissies
  • 1 sitroengrasstingel, ­fyngekap
  • 40 g vars koljanderblare, gekap
  • 15 ml (1 e) fyn koljander
  • 5 ml (1 t) sout
  • 5 ml (1 t) vars gemaalde swartpeper

VIR DIE ROOI- EN GROENKERRIEPASTA

  • 1,25 ml (¼ t) fyn borrie

VIR DIE GEELKERRIE­PASTA

  • 15-20 ml (3-4 t) fyn borrie

Metode 

  • Plaas al die bestanddele in ’n voedselverwerker en verwerk tot ’n pasta vorm.
  • Plaas ’n pan oor matige hitte. Voeg die speserymengsel by en verhit tot dit begin borrel. Verlaag die hitte en laat nog sowat 10 min. oor lae hitte prut tot al die vog verdamp het en ’n dik, geurige pasta oorbly.
  • Bêre vir tot twee maande in ’n fles in die yskas. Dit kan ook vir tot ’n jaar gevries word.