1. Groentebredie

“Die radio- en TV-aanbieder Success Lekabe is ’n amazing vrou! Sy is slim, mooi en praat ses tale. Ons het heerlik saamgekook. En die kos was diep lekker,” vertel Marinda.

resep,groente,bredie
Groentebredie. Foto: Jacques Stander

2. Tamaties met driekaasvulsel

“Ek en my suster, Jeanine du Preez, het van ons ma se geregte gemaak. Op die plaas het sy gereeld vir ons dié gevulde tamaties as ’n ligte Saterdagaandete berei. Sy het dit gevul met wat ook al in die huis was, maar boeliebief was die gunsteling. Omdat ek weet my sus hou van kaas, het ek drie soorte kaas gebruik. Die tamatie was vir haar heerlik en my hart het van die vreugde gesing toe sy so lekker eet!”

resep,tamatie,kaas
Tamaties met driekaasvulsel. Foto: Jacques Stander

3. Soetsuurkerrie-blomkoolbredie

“Ek en die aktrise June van Merch kom ’n lang pad saam en ek bewonder haar as akteur én mens. Haar ma, Maria, is oorlede en sy wou graag haar blomkoolbredie maak. Ek ken die bredie met kopkool, maar dit was ook baie lekker saam met die blomkool.”

resep,kerrie,blomkool,bredie
Soetsuurkerrie-blomkoolbredie. Foto: Jacques Stander

4. Hoenderlekkerte

“Johan van Lill is ’n opvoedkundige en radiopersoonlikheid. Nes baie mense is hy skrikkerig vir filodeeg. Ek wou sy bang eens en vir altyd laat verdwyn. Filo is eintlik makliker as Maklik met Marinda, en daar is net twee reëls: Hou dit toe met ’n klam doek en smeer met botter. Hy het deeglik saamgewerk en ek glo sy bang is nou weg.”

resep,hoender
Hoenderlekkerte. Foto: Jacques Stander

5. Verdrinkte koffieroomys

“Die sangeres Anna Davel is een van die veel­sydigste kunstenaars in ons land. Sy is lief vir roomys en vrek oor koffie. Verdrinkte roomys was die ideale nagereg om vir haar te maak. Die Italianers noem dit affogato, wat verdrink beteken. Die idee is dat jy goeie vanieljeroomys met espresso verdrink. Anna kry ’n dubbele affogato . . . met koffieroomys!”

resep,roomys
Verdrinkte koffieroomys. Foto: Jacques Stander

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.