15 min.
4
20 min.
Bestanddele
- Vleiskoekies
- 750 g maer beesmaalvleis
- 1 eier
- 60 ml (¼ k) hawermout
- 5 ml (1 t) elk sout en peper
- 15 ml (1 e) droë pietersielie of ’n hand vol vars pietersielie, gekap
- 30 ml (2 e) olie
- 4 velle kaas
- Afronding
- 4 burgerrolletjies, oopgesny en met botter
- gesmeer
- klaarbereide mosterd
- tamatiesous
- 4 groot agurkies, in skywe gesny
- 1 ui, in ringe gesny
Metode

- Vleiskoekies: Meng die maalvleis, eier, hawermout, sout en peper en pietersielie goed. Verdeel in 4 gelyke dele en vorm vleiskoekies so groot soos die burgerrolletjies. Pak op 'n bord, bedek en verkoel minstens 1 uur.
- Verhit die olie in 'n groot pan en braai die vleiskoekies tot goudbruin en gaar – draai gereeld om sodat die koekies eweredig gaar word.
- Plaas 'n vel kaas op elke vleiskoekie.
- Afronding: Verhit 'n skoon pan en braai die gesmeerde rolletjies met die botterkant na onder tot bros.
- Smeer die rolletjies met die mosterd en tamatiesous en stapel die vleiskoekies en die res van die bestanddele bo-op. Sit voor.
Kom neem deel aan die gesprek
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET