Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer twee bak­plate met olyfolie.

  • Pesto: Sny die eiervrugte in die lengte in die helfte. Sit die eiervrugte met die vleiskant na onder op een van die bakplate.
  • Rooster 35-40 min. in die oond of tot die eiervrugte heeltemal sag is. Haal uit die oond en hou eenkant om heeltemal af te koel.
  • Skep die eiervrugvleis uit die skille en skep dit in die bak van 'n voedsel­verwerker. Voeg die res van die bestanddele buiten die olyfolie en sout by. Pols tot die pesto fyngemaal is.
  • Voeg die olyfolie by, meng weer en geur met sout. Skep die pesto in ’n skoon fles en giet nog ’n bietjie olyfolie bo-oor om die oppervlak te ­bedek. Verkoel tot ­nodig.
  • Vir voorsit: Verhoog die oondhitte tot 200 °C. Versprei die eiervrug­skyfies in 'n enkellaag op die bakplaat. Drup die olyfolie oor en geur met die sout en vars gemaalde peper. Rooster 10-15 min. of tot bros en gaar.
  • Pak die schnitzels op 'n bord, skep van die pesto op en stapel van die eiervrugskyfies bo-op.
Wenk
Die pesto is heerlik saam met hoenderschnitzel, maar jy kan dit ook as doopsous gebruik of op crostini-peuselhappies smeer. Die pesto kan tot twee weke lank in die yskas gebêre word.