Voorverhit die oond tot 200 °C. Bespuit ’n groot bakplaat met kossproei.

  • Sit die pizzabasis op die bereide bakplaat en smeer die chakalaka of tamaties eweredig bo-oor.
  • Sprinkel die knoffel oor en pak die mozza­rella en soetrissie bo-op.
  • Sny die skaaptjoppies van die been af en sny in repies. Sny die wors in wieletjies en pak saam met die skaapvleis op die basis.
  • Geur die pizza met die sout en vars gemaalde peper en bak 10-15 min. in die verhitte oond of tot die kors bros is en die kaas gesmelt.
  • Sprinkel die kruie oor en sny in skywe. Sit dadelik voor.