Voorverhit die oond tot 200 °C. Bespuit ’n bakplaat goed met kossproei.

  • Knip die derm van die boerewors oop met ’n kombuisskêr en druk die maalvleis uit. Rol die maalvleis in gholfbalgroottebolletjies en pak op die bakplaat. Rooster 15-20 min. of tot goudbruin en gaar.
  • Strooisel: Droogrooster die saadjies in ’n pan tot geurig en plaas in die bak van ’n voedselverwerker. Voeg die res van die bestanddele by en pols tot fyn en goed gemeng. Hou eenkant.
  • Broccolirys: Kap die broccoli fyn. Skep in ’n mikrogolfvaste glasbak, drup die olyf­olie oor en bedek met kleefplastiek. Steek ’n paar gaatjies in die plastiek met ’n mes en mikrogolf 5-7 min.
  • Laat staan die broccoli 5 min. en haal die plastiek af. Drup die suurlemoensap oor en meng deur. Geur met die sout en peper na smaak.
  • Vir voorsit: Skep die broccoli­rys op ’n bord. Sprinkel van die strooisel oor en  pak die frikkadelle bo-op. Rond af met die suurlemoenwiggies en basilie.