• Braai die uie, spek (indien gebruik), knoffel en sampioene in die olyfolie tot die spek gaar en effens bros en die uie en sampioene sag is.
  • Voeg die helfte van die witwyn by en verhit tot dit weggekook het.
  • Voeg die koring, groenteaftreksel en orige witwyn by. Kook sowat 10 min. op hoog of tot die koring gaar is en die meeste van die vloeistof verdamp het. Vir stampkoring kan jy meer aftreksel nodig hê en sal dit heelwat langer duur tot dit gaar is.
  • Verwyder van die hitte en roer die kaas, kruie en suurlemoen­skil en -sap by.
  • Afronding: Skep in bakkies en skep die botterskorsie bo-op. Breek die fetakaas oor, drup ’n bietjie olyfolie oor en rond af met die kruieblare. Sit dadelik voor.  
Bulgur is ’n gebreekte volkoring­graan wat vooraf gekook word om vinniger gaar te maak. Stamp­koring kan ook gebruik word, maar dit sal langer duur voor dit gaar is.