Hou 4 kebabstokkies (in water geweek) byderhand. Maak ’n vuur met genoeg kole vir braai.

  • Boerewors: Sny die wors in 4 gelyke stukke. Rol elke stuk op en ryg aan ’n kebabstokkie. Pak die kebabs op ’n toeknyp­rooster en braai oor die kole tot gaar. Hou eenkant.
  • Pap: Plaas die mieliepap in ’n kastrol en voeg 500 ml (2 k) kookwater by. Roer goed en bring tot kookpunt. Roer af en toe om te verhoed dat die pap vasbrand. 
  • Voeg nog 250 ml (1 k) kookwater by sodra die ander water weggekook is. Roer goed en voeg die botter by. Laat nog ongeveer 15 min. stadig prut of tot die pap gaar is.
  • Roer die kaas, suurlemoenskil en pietersielie deur en meng goed. Hou eenkant.
  • Tamaties: Verhit die olie in ’n groot pan en braai die tamaties tot effens geskroei. Verlaag die hitte en voeg die knoffel en botter by. Roerbraai 1 min. Geur met die suiker, sout en vars gemaalde peper.
  • Vir afronding: Verdeel die pap tussen 4 bakkies. Skep die tamatie bo-op gevolg deur die boereworskebabs. 
  • Sprinkel nog pietersielie en suurlemoenskil oor en sit voor saam met die suurlemoenwiggies.

Ons maak goeie ou stywepap spesiaal met beleë cheddar, ­pietersielie en suurlemoenskil.