Voorverhit die oond tot 200 °C. Spuit 2 groot bakplate met kossproei.

  • Pizzabasisse: Verdeel die deeg in vier en rol rofweg in sirkels uit. Pak die deegsirkels op die bakplate en steek ’n paar gaatjies in elke basis met 'n vurk.
  • Drup die olie oor en bak 10-15 min. in die oond. Haal uit en hou eenkant.
  • Eiervrug: Verhit olie in 'n diep pan vir vlakbraai. Braai die eiervrugskywe in sarsies tot gaar en bros. Haal uit en dreineer op kombuispapier.
  • Braai die salie in die olie tot bros – wees versigtig, want die olie is geneig om te spat. Skep uit en dreineer op kombuispapier.
  • Bolaag: Smeer die tamatiepesto of passata op die basisse en sprinkel die mozzarella oor. Pak die eiervrugskywe op en bak nog 10 min. in die oond of tot die kaas gesmelt is.
  • Versprei die salie op die pizzas en geur met sout en vars gemaalde peper. Sny in skywe en sit voor.
Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.