Voorverhit die oond tot 190 °C. Voer ’n bakplaat met tin­foelie uit en bespuit met kossproei.

  • Bolaag: Pak die botter­skorsie en ui in ’n enkellaag op ’n bakplaat; sprinkel sout en olyfolie oor. Oondbraai sowat 30-40 min. of tot die botter­skorsie gaar en sag is.
  • Kors: Bespuit elke vel filodeeg met olyf­oliesproei of smeer met botter. Plaas op mekaar en sny in die helfte deur. Pak op die gesmeerde bakplaat. 
  • Stip elk van die filo­stapels met maaskaas; stapel die botter­skorsie en uie bo-op. Krummel die bloukaas oor en rond af met salie.
  • Bak sowat 10 min. of tot die bloukaas gesmelt het en die filodeeg bros is. Sny in stukke en sit dadelik voor.