Voorverhit die oond tot 230 °C. Smeer ’n paar groot bakplate en stuif met koekmeel.

  • Deeg: Meng die water en olyfolie. 
  • Plaas die meel en sout in die mengbak van ’n voedselverwerker. Voeg die water stadig deur die tuit by terwyl die masjien loop. Meng goed tot ’n stywe deegbal in die bak vorm – meng minstens 5 min. Laat 15 min. rus. 
  • Verdeel in 4 balle. Rol elkeen so dun moontlik uit. 
  • Plaas op die gesmeerde bakplate; bak 3-4 min. of tot net gaar maar nie bruin nie. Verf die klaargebakte korse met die ekstra olyf­olie.
  • Bolaag: Rangskik die bolaag­bestand­dele buiten die roket bo-op; streep liggies van die heuning oor die peerskyfies. 
  • Bak nog sowat 5 min. of tot die deeg gaar is en ’n paar bruin vlekke bo-op gevorm het. 
  • Sprinkel die roketblare oor en sit dadelik voor. 
Dié deeg, wat ’n heerlike dun, bros kors vorm, maak ’n mens in ’n voedsel­verwerker aan.