Ons vervang duur lamsboud met die lekkerste frikkadelle. 

Metode vir frikkadelletjies

Voorverhit die oond tot 180 °C

  • Speserymengsel: Meng alles.
  • Frikkadelle: Plaas die maalvleis, brood en eier in ’n bak, voeg die speserye by en meng deur. Moenie te veel meng nie.
  • Rol in bolletjies, pak op ’n bakplaat en bak sowat 15-20 min.
  • Vir voorsit: Sit voor saam met die jogurt­sous, knoffelpatat en pampoenkoekies. Sprinkel sonneblompitte en ment oor.

Metode vir jogurtsous

Lewer 500 ml (2 K)

Bereiding: 10 min.

  • Verwerk al die bestanddele in ’n voedselverwerker tot glad.
  • Verkoel.

Metode vir fyn knoffelpatat

Genoeg vir 6 mense.

  • Mikrogolf die knoffel­bol 2-3 min. op hoog. Sny die kop af; druk die puree uit.
  • Verwerk al die bestanddele in ’n voedselverwerker.