• Steak: Verhit die olie in 'n pan oor matige hitte en braai die ui tot bruin.
  • Voeg die steak by en braai sowat 10 min. tot bruin alkante.
  • Voeg die res van die masala-steak-bestanddele by en stowe 45-50 min. oor matig lae hitte. Roer af en toe en voeg elke keer 45 ml (3 e) water by, indien nodig.
  • Tjips: Verhit die asyn, rissie en paprika saam in 'n klein kastrolletjie, en hou warm.
  • Verhit genoeg olie vir diepbraai in 'n klein kas-trolletjie. Braai die aartappels in 2 sarsies.
  • Sit die aartappels wat eerste gebraai is in die oond om warm te hou. Geur met sout en sprinkel die asynsous oor.
  • Brood: Sny die brood oop en pak die tamaties, ui en blaarslaai op die brood. Sit al die tjips op en druk vas. Pak die steak daarop en rond af met koljander.
Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.