• Steak: Gebruik ’n skerp mes en kap die vleis goed fyn, amper soos maalvleis. (Moenie ’n voedselverwerker gebruik nie.)
  • Verhit die olie in ’n braaipan, en braai die spek tot gaar. Voeg die ui by en braai tot sag maar nie bruin nie.
  • Voeg die gekapte steak by en braai tot net gaar. Geur met die sout en vars gemaalde peper.
  • Voeg die gekapte tamaties by en braai nog ’n paar minute. Bedek met water en laat prut sowat 30 min. Roer van tyd tot tyd tot die sous verminder het en dit lekker dik en geurig is. 
  • Brasiliaanse rys: Verhit die olie in ’n pan, en braai die ui en knoffel daarin tot sag. Voeg die tamaties en kruie by en kook tot die meeste van die vloeistof afgekook het.
  • Voeg die rys by, geur met die sout en vars gemaalde peper. Giet 1 L (4 k) water by, bring tot kookpunt. Bedek met ’n deksel, verlaag die temperatuur tot op die laagste en verhit 15 min. Verwyder van die hitte, laat staan nog 10 min. met die deksel op.
  • Vir voorsit: Sit die vleis en rys saam met die ­ertjies voor.

Dit is een van die algemeenste vleisgeregte in Brasilië. Moenie maalvleis hiervoor gebruik nie. Kap die vleis met ’n skerp mes fyn; op dié manier bly dit die sappigste. Rys, ’n stapelvoedsel in Brasilië, is heerlik hierby.