Voorverhit die oond tot 180 °C en bespuit ’n oondbak met kossproei.

  • Verhit die olyfolie in ’n groot pan en braai die ui en knoffel tot goudbruin.
  • Voeg die maalvleis by en braai tot bruin; verwyder van die hitte.
  • Voeg die suurlemoensap, heuning, speserye, rosyne en geklitste eiers by. Roer goed.
  • Plaas die maalvleismengsel in die gesmeerde bak en druk met ’n groot lepel vas.
  • Klits die 6 eiers en melk in ’n mengbak en giet oor die maalvleis.
  • Eindig met die heel lourierblare en bak 40 min. of tot die eier geset is.