Verhit ’n skottelbraai tot 160 °C.

  • Geur die lamsblad met die sout en peper en plaas met die vleiskant na bo op ’n oppervlak.
  • Sprinkel die olyfolie en knoffel oor.
  • Pak die spinasie op en sprinkel die feta oor.  Strooi die kruie oor.
  • Rol die blad stewig op en bind met tou vas. Seël die vleis vinnig oor warm kole, sit die deksel op en braai sowat 20 min. per 500 g vleis. Sny in skywe en sit voor saam met spekmielies.

Spekmielies

Kook die mielies sag, sny in stukke, rol repe spek rondom en steek ’n sosatiestok in elk.

Braai oor warm kole tot effens geskroei.