• Verhit die olie in ’n kastrol en braai die spek tot sag. Skep uit en hou eenkant.
  • Geur die varkvleis met die sout en peper en rol in die meel. Braai in sarsies tot bruin buiteom. Skep uit en braai die soetrissies en sampioene in die olie tot sag. Skep uit en hou eenkant.
  • Plaas die spek, vleis en sopmengsel weer terug in die kastrol. Voeg die paprika, komyn, mosterd en tamatiepasta by en bring tot kookpunt. Laat prut 1 uur of tot die vleis sag is en die vloeistof afgekook en verdik het. Voeg die groente weer by. Roer die koekmeelpasta by, indien nodig, en bring tot kookpunt. Voeg die pietersielie by. Skep in ’n bak en laat afkoel voor dit gevries word.
  • Vir voorsit: Sprinkel die gekapte agurkies en stingeluie oor en sit voor saam met kapok­aartappels. 
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.