• Neem kortpad en stoom gou jou vleis 25-30 min. in ’n drukkoker. 
  • Braai die uie in ’n bietjie olie tot glaserig. Voeg die komyn by.
  • Sny die vleis in kleiner blokkies en braai saam met die uie.
  • Voeg die witwyn, water, tamaties, asyn, worcestersous en naeltjies by.
  • Laat prut 60 min. As jou sous min raak, voeg nog water by. As die sous te dun is, verdik met ’n bietjie mielieblom.
  • Voeg die aartappels by en laat prut nog 20 min. Voeg laastens die boontjies by. Geur met die sout en peper na smaak en laat prut tot net sag maar nie pap nie. Geur met die neutmuskaat.
  • Sit die bredie voor saam met rys.
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.