• Verhit die olie en braai die uie tot sag. Voeg die knoffel, gemmer en heel speserye by en braai 2 min. of tot geurig.
  • Voeg die fyn speserye, tamaties en kekerertjievloeistof by en laat prut 5 min.
  • Voeg die botterskorsie en patat by, geur met die sout en laat prut tot byna sag. Voeg die groenbone, sampioene, indien gebruik, en spinasie by, geur met nog sout en laat prut tot net sag maar nie pap gekook nie. Voeg 250 ml (1 k) water by om te keer dat dit aanbrand. Roer die kekerertjies en koljander by.
  • Vir voorsit: Verdeel die mengsel in drie. Vries al drie, of sit een deel voor saam met basmatirys, poppadums en sambals.
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.