• Verhit die olie en braai die uie, kardemom en kaneel 15 min. of tot die uie bruin is.
  • Voeg die hoender, sout en knoffel by en verhit 15 min. Roer af en toe.
  • Voeg die speserye, asyn en suiker by, verhit en roer 'n paar minute.
  • Voeg 250 ml (1 k) water by en laat 20 min. prut. Roer af en toe.
  • Voeg die bone en ’n bietjie water by en laat prut ­15-20 min. of tot die hoender sag en gaar is. Sprinkel die koljanderblare oor.
  • Vir voorsit: Sit voor saam met roti’s of rys. 
  • Resep: Gadija Sydow Noordien en Fatima Sydow
Wenk
Die hoenderkerrie vries goed; onthou net om die heel speserye te verwyder voor jy dit in die vrieskas plaas.

Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.