Voorverhit die oond tot 160 °C.

  • Speserymengsel: Rooster die koljander, swartpeper, kardemom en fenegriek in ’n warm, droë pan tot geurig. Maal dit met ’n stamper in ’n vysel en voeg die fyn speserye by.
  • Lamsvleis: Meng die spesery­mengsel met die tamaties, knoffel, uie, brandrissie en tiemie. Voeg die vleis by die marinade, bedek en laat oornag in die yskas marineer. 
  • Verhit die olie in ’n swaarboomkastrol. Haal die vleis uit die marinade en braai dit in sarsies tot bruin. Skep die vleis in ’n groot oondskottel met ’n deksel. 
  • Verlaag die hitte onder die kastrol en laat die oorblywende marinade prut tot die uie sag is. Giet dit dan oor die vleis. Giet die water by, sit die deksel op en bak 1 uur in die oond.
  • Rys en bone Meng die rys, bone, klappermelk en water in ’n groot kastrol. Voeg die ui en tiemie by en laat prut. Sit die deksel op en los 25-30 min. op die stoof met die plaat afgeskakel. 
  • Ná die eerste uur van bak, stel die oond­temperatuur op 200 °C, voeg die aartappels by en bak nog 30 min. tot die lamsvleis en aartappels sag is. Sit voor saam met die rys en bone.