30 min.
6
3½ uur
Bestanddele
- 1 skaappens
- 1 skaapkop
- 4 skaappootjies
- 60 ml (¼ k) asyn
- 10 ml (2 t) sout
- 2,5 ml (½ t) ml vars gemaalde swartpeper
- 4 heel naeltjies
- 500 g skaapnekskywe
- Kerrie
- 30 ml (2 e) olyfolie
- 4 middelslag-uie, in skywe gesny
- 1 brandrissie, fyngekap
- 10 ml (2 t) gerasperde vars gemmer
- 2 steranyse
- 7½ ml (1½ t) fyn koljander
- 5 ml (1 t) fyn komyn
- 5 ml (1 t) borrie
- 3 ml (ruim ½ t) fyn kardemom
- 2 huisies knoffel, fyngekap
- 25 ml (5 t) appelkoos-konfyt
- 25 ml (5 t) asyn
- 6 aartappels, geskil en gehalveer – sny een aartappel in klein blokkies
- 15 droëappelkose (opsioneel)
- gekapte koljanderblare
Metode

- Plaas die heel pens, kop, pootjies, asyn, sout, peper en naeltjies in 'n dikboomkastrol of drukkoker, bedek met water en kook 2 tot 3 uur lank stadig (1 uur in die drukkoker).
- Voeg die nek by en kook verder tot sag. Roer af en toe sodat dit nie aanbrand nie.
- Haal die meeste bene uit en sny die pens in stukkies. Hou eenkant.
- Kerrie: Verhit die olie in 'n pan en braai die uie liggies tot sag.
- Voeg die brandrissie, vars gemmer en steranys by en roerbraai 1 min.
- Roer die res van die speserye, knoffel, konfyt en asyn by.
- Roer die kerriemengsel by die gaar afval in.
- Voeg die aartappels en appelkose by en kook tot die aartappels sag is.
- Verdik die sous met 'n bietjie mielieblom indien nodig. Proe en voeg nog sout en peper by indien nodig. Sprinkel die koljander oor. Sit voor met rys, blatjang en ’n heerlike vars slaai.
Kom neem deel aan die gesprek
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET