• Verhit die olie in ’n plat kastrol en braai die ui, knoffel en gemmer 1 min.
  • Roer die speserye by en roerbraai tot geurig.
  • Pak die hoender in die kastrol, verlaag die hitte en giet die klappermelk by. Sprinkel die koljanderblare oor en laat prut 15 min. oor matige hitte. Roer af en toe om te verhoed dat die hoender vasbrand.
  • Geur met die lemmetjiesap en sout na smaak.
  • Afronding: Pak tamaties op die hoender en sprinkel die koljander oor. Sit net so voor of met rys of noedels, lemmetjiewiggies en nog klappermelk.