10 min.
4
35-40 min.
Bestanddele
- 30 ml (2 e) olie
- 5 ml (1 t) elk borrie, fyn koljander en rooipeper
- 10 ml (2 t) garam masala
- 2,5 ml (½ t) fyn komyn
- 1 ui, gekap
- 2 knoffelhuisies, fyngekap
- 4 eiervrugte, in blokke gesny
- 250 ml (1 k) klappermelk
- sout, na smaak
- Vir afronding
- 1 brandrissie, gekap
- ’n hand vol koljanderblare, gekap
- gaar rys of roti’s (opsioneel)
Metode

- Verhit die olie in 'n pot. Voeg die speserye by en roerbraai tot geurig. Voeg die ui en knoffel by en roerbraai tot sag.
- Roer die eiervrugte by en roerbraai 'n minuut. Giet die klappermelk by en laat die kerrie 25-30 min. stadig prut of tot die eiervrug sag en gaar is.
- Geur die kerrie met sout na smaak.
- Vir afronding: Sprinkel die brandrissie en koljander oor die kerrie en sit dit voor saam met rys of roti’s, indien verkies.
Kom neem deel aan die gesprek
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET