Voorverhit die oond tot 180 °C.

  • Bobotie: Verhit die olie in ’n oondvaste pan en braai die ui tot geurig. Voeg die kool by en roerbraai tot sag. Voeg die knoffel en gemmer by en roerbraai.
  • Voeg die maalvleis by en roerbraai tot bruin. Voeg die kerrie, borrie, blatjang en asyn by en roerbraai 10 min. Geur met die sout en vars gemaalde peper.
  • Druk die koolstukke en lourierblare oor die vleismengsel. Drup nog olie oor en plaas die pan vir 15 min. in die oond.
  • Eiervla: Klits die melk en  eiers. Haal die pan uit die oond en giet die eiervla oor. Plaas die pan terug in die oond en bak nog 25 min. of tot die eiervla gestol het.
  • Tamatieblatjang: Plaas alles saam in ’n klein kastrol en roerbraai tot die suiker gesmelt is. Laat 10 min. stadig prut en sit voor saam met die bobotie. 
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe!