• Braai die spek in ’n diep pot tot gaar en effens bros. Skep uit. 
  • Braai die ui en knoffel in die panvet tot sag. Voeg die gort by en meng goed tot die gort heeltemal met olierigheid bedek is.
  • Roer die tamaties by en laat goed opkook.
  • Voeg al die aftreksel by, verlaag die hitte en laat prut tot die meeste van die vloeistof opgeneem en die gort sag en gaar is – sowat 1 uur.
  • Roer die botter by, ­gevolg deur die suiker, kaas en spek.
  • Sprinkel die pietersielie oor indien verkies.