Voorverhit die oond tot 210 °C. Hou ’n oondbak byderhand.

  • Lamsrak: Geur die lam oraloor met die sout, peper en tiemie. Smeer die olyfolie oor.
  • Verhit ’n groot pan tot rookwarm. Seël die vleis aan alle kante tot die vet bros en die vleiskante goudbruin is.
  • Plaas die lamsrakke in die oondbak met die bene na bo. Drup die suurlemoensap oor en rooster 15 min. of tot gaar soos verkies. Haal uit die oond en bedek met tinfoelie. Laat rus minstens 10 min.
  • Rissiesmoor: Verhit die olie in ’n kastrol en roerbraai die ui, knoffel, rissies en speserye tot geurig. Roer die tamatiepasta en gekapte tamaties by en laat prut. Roer die suiker deur en geur met die sout en peper.
  • Vir voorsit: Sny die lamsrakke in porsies en sit voor saam met die pap en smoor.