• Geur die skenkels met die sout en peper. Meng die res van die speserye en vryf in die skenkels in. Rol die vleis in die meel en skud enige oortollige meel af.
  • Verhit die olie in ’n groot kastrol en braai die vleis in sarsies tot bruin. Skep uit en hou eenkant.
  • Braai die uie, seldery en wortels 5 min. Pak die vleis terug in die kastrol en giet die aftreksel oor. Die vleis moet heeltemal met die vloeistof bedek wees; indien dit nie is nie, voeg nog water by.
  • Laat prut 1½ uur of tot die vleis amper sag is.
  • Voeg die botterskorsie, pampoen of patat by en laat prut tot die groente sag is. Roer die keker­ertjies en koljanderblare by en geur met nog sout en peper.
  • Vir voorsit: Sit voor saam met sambal en rys.