Voorverhit die oond tot 180 °C.

  • Vulsel: Rooster die koljander- en komynsaad sowat 3-4 min. in ’n klein, droë pan tot aromaties.
  • Stamp die sade grof met ’n stamper in ’n vysel. Voeg die paprika, kaneel, sout en 4 e olyf­olie by en meng goed.
  • Meng die botterskorsie by die speserymengsel in en keer in ’n enkellaag op ’n bakplaat uit. Rooster 20 min. of tot goudbruin.
  • Verhit intussen 30 ml (2 e) olie in ’n braaipan. Braai en roer die uie tot goudbruin en voeg dan die gemmer by.
  • Roer die amandels, pistachio’s en bosbessies in. Voeg die heuning by en roer tot gesmelt. 
  • Voeg die vars koljander en spinasie by en roer tot dit begin verlep. 
  • Verwyder van die hitte en voeg die geroosterde botterskorsie by. Hou eenkant. 
  • Afronding: Plaas ’n losboomtert- of quichepan op ’n bakplaat en verf met ’n bietjie gesmelte botter. 
  • Pak die filovelle in lae in die vorm – verf elkeen met gesmelte botter en laat heelwat deeg oor die kante hang. 
  • Stapel die helfte van die vulsel in die middel van die pastei, smeer met ’n laag hummus en skep dan die res van die vulsel oor. 
  • Vou die rand van elke vel deeg een vir een rofweg oor na die middel van die pastei. Verf met die botter.
  • Bak die pastei  20-30 min. tot goudbruin en bros.
  • Net voor die pastei gaar is, verhit die oorblywende botter, voeg die neute en bosbessies by en braai tot goudbruin. 
  • Voeg heuning by en roer tot dit gesmelt is. Voeg ’n spatsel warm water by om dit te verdun. 
  • Giet die mengsel oor die pastei sodra dit uit die oond kom.
  • Sous: Meng die jogurt, klappermelk, kruisement en harissa. 
  • Sit die pastei voor saam met die sous en ’n paar suurlemoenwiggies.


“Dié pastei is ’n indrukwekkende middelpunt vir enige etenstafel en is dus perfek vir onthaal. Dit kan as ’n bykos of as middag- of aandete saam met ’n groenslaai voorgesit word,” sê Liezie Mulder.