• Verhit die olie in ’n kastrol en braai die ui, knoffel en brandrissies tot geurig.
  • Voeg die maalvleis by en roerbraai tot bruin.
  • Voeg die speserye en brediebasis by en bring tot kookpunt.
  • Verlaag die hitte en laat 15 min. liggies prut.
  • Roer die soetrissie­blokkies by en laat prut nog 5 min.
  • Geur met die sout en peper na smaak.

Vir voorsit

  • Sit die bredie warm voor bo-op die polenta. 
WENK: Om die bredie op ’n sakpas manier aan te vul, voeg 2 x 410 g-blikke boontjies van jou keuse of 500 ml (2 k) gaar bruinlensies by.
Brediebasis

Ons gebruik dié bredie as ’n geurbasis; dus is dit nie te sterk gekrui nie en ideaal om as bousteen vir ons ander bredies in te span. Die resep verg wel ’n bietjie tyd, maar jy sal daarvoor vergoed wanneer jy weer besluit om ’n bredie aanmekaar te slaan. Verdeel die bredie in 8 sakkies (met of sonder die bene) en vries tot jy dit weer benodig.

LEWER 4 L (16 K) BREDIEBASIS
BEREIDING: 15 MIN.
GAARMAAK: 4-5 UUR
STAAN: 3-4 UUR OF OORNAG


Voorverhit die oond tot 180 °C.

Bespuit ’n groot oondbak met kossproei en versprei 3 kg opgesnyde sopbene, 2 gekapte wortels, 3 gehalveerde uie, 2 gekneusde knoffel­huisies, 3 preie (skoon­gemaak en in stukke gesny) en 2 gehalveerde tamaties in die bak.

  • Drup 15 ml (1 e) olie oor en geur liggies met sout.
  • Rooster 40 min.
  • Skep die mengsel in ’n reusekastrol.
  • Plaas 1 brand­rissie, 4 lourier­blare, 6 heel peperkorrels, 2 L (8 k) hoenderaftreksel, 500 ml (2 k) sterk rooibostee en 500 ml (2 k) kookwater ook in die kastrol en roer goed.
  • Bring tot kookpunt en laat 2 uur oor matige hitte prut.
  • Roer af en toe.
    Voeg weer 500 ml (2 k) kookwater by en laat die bredie nog 2 uur oor baie lae hitte prut.
  • As die bredie te vinnig afkook, giet nog water of rooibostee by.
    Sit die deksel van die kastrol op, verwyder van die hitte en laat staan 3-4 uur of selfs oornag tot afgekoel.
  • Skep enige oortollige gestolde vet af.
  • Verdeel die bredie in 8 seël­bare vrieskassakkies of -houers en vries tot 3 maande.