• Meng die meel, sout, suiker en gis goed. Voeg die murgpampoentjies by en meng liggies. Maak ’n holte in die middel van die meelmengsel en giet die water by. Meng en giet die water geleidelik by tot ’n sagte deeg vorm.
  • Keer die deeg uit op ’n meelbestrooide oppervlak en knie tot dit sag, elasties en nie meer klewerig is nie.
  • Smeer ’n bak met ’n klein bietjie olie en plaas die deeg daarin. Smeer die bokant van die deeg met nog ’n bietjie olie, bedek en laat rys 1 uur of tot dubbel so groot.
  • Knie die deeg liggies en verdeel in 10 middelslag- of 24 klein vetkoekies. Pak op ’n meelbestrooide oppervlak, bedek en laat staan nog 30 min.
  • Verhit die olie in ’n kastrol vir diepbraai. Braai die vetkoeke in sarsies tot goudbruin en gaar. Dreineer op kombuispapier.
  • Dit lewer 10 middelslag- of 24 klein vetkoekies.
  • Vir voorsit: Sny die vetkoeke oop en stop met die avokado, spek en kruie.