1. Romerige uietertjies met kruiesous

Die romerige bolaag maak die tertjies ekstra dekadent. 

Foto: Jacques Stander


2. Spaghetti-pastei

 ’n Einde-van-die-maand- sakpas maaltyd wat ook die kinders gelukkig sal hou.

Foto: Jacques Stander


3. Lensiedhal met kruiejogurt en rissie-uiesambal

Dhal is ’n Indiese gereg met peulgroente as hoofbestanddeel. Ons gebruik lensies – dis vullend, spotgoedkoop, maklik om te berei en ’n goeie bron van proteïen.

Foto: Jacques Stander


4. Steak-en-aartappelslaai

Braai die steaks vinnig in ’n skroeiwarm pan om die vleis sappig te hou. Sny die vleis in repe en gebruik in ’n aartappelslaai soos dié vir ’n heerlike somerete.

Foto: Jacques Stander


5. Hoenderrysslaai

Sny hoenderborsies in dun skyfies en meng dit deur ’n rysslaai soos dié. Sit voor saam met iets eenvoudigs soos wortelrepies.

Foto: Jacques Stander